fbpx
Vryheidsfront Plus

Verklaar vloedgeteisterde gebiede in KZN as rampgebied

Die VF Plus het ʼn beroep op die eThekwini-metro gedoen om die vloedgeteisterde gebiede soos Tongaat tot ʼn rampgebied te verklaar.

Dit sal die nodige hulpbronne beskikbaar stel om slagoffers van die vloedramp te help en skade te herstel.

Talle mense het hul lewe verloor terwyl groot skade aan eiendom en infrastruktuur aangerig is.

In tye soos dié is dit ook belangrik dat gemeenskappe na mekaar moet uitreik en hande vat om mense in nood te steun waar moontlik.

Die VF Plus sal in hierdie verband ook sy deel doen en help waar hy kan.

Die mense se nood is groot, veral aangesien verdere slegte weer oor die komende naweek verwag word.

Die VF Plus se gebede gaan uit na die mense wat naasbestaandes en eiendom in die vloede verloor het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.