fbpx
Vryheidsfront Plus

Verdere hulp aan Eskom feitlik net om skuld te delg, nie om krag op te wek

" ‘n Stabiele kragvoorsiener is van kardinale belang vir ekonomiese groei in Suid-Afrika. Die vraag is daarom nie óf ‘n mislukte Eskom nadelig gaan wees vir die land se ekonomie is nie. Dit is reeds die geval," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van finansies.

 

"Eskom se skuld is so groot dat enige reddingsboei hoofsaaklik gebruik sal word om sy skuld te diens, en nie om krag op te wek nie."

 

"Die vraag moet daarom gevra word of nog ‘n reddingsboei van R59 miljard se belastinggeld die ineenstorting van Eskom gaan stuit en verdere beurtkrag gaan voorkom indien die R83 miljard wat sedert 2006 in Eskom gestort is, hom nie kon red nie?

"Daar is wel voorwaardes gekoppel aan die jongste reddingsboei, maar net so was daar aan die vorige R83 miljard. Elke vorige reddingspoging was gemik op die verbetering van kraglewering en voorsieningsvermoë en nie vir operasionele uitgawes waarvoor dit wel aangewend is nie.

 

"Die laaste keer dat Eskom ‘n dividend kon uitkeer aan die regering, was in 2006 toe ‘n skamele R1,6 miljard oorbetaal is."

 

"Die skuld vir die kragvoorsiener se agteruitgang kan net voor die deur van die ANC gelê word. Raadslede en uitvoerende beamptes is deur kaderontplooiing teen reuse salarisse aangestel. Hulle het sienderoë toegelaat dat die onderneming gestroop word terwyl instandhouding en goeie bestuur agterwee gelaat is.

"R59 miljard sal Eskom nie red nie. Die regering het nie erns daarmee nie. Dit is vandag bewys deur die ongeërgdheid van lede van die interministeriële komitee oor uitstaande skuld aan Eskom wat nie eens ‘n vergadering van die staande komitee op openbare rekeninge bygewoon het nie.

 

"Deur aan te hou om belastinggeld in die bodemlose Eskom-put te gooi, gaan die probleem nie oplos nie. Dit sal ook nie opgelos word so lank as wat die regering gyselaar gehou word deur sy alliansievennote wat elke voorstel tot ‘n oplossing soos privatisering en ontbondeling afskiet nie."

 

"Kragvoorsiening in Suid-Afrika moet gedereguleer word. Daar moet gesonde kompetisie wees sodat private ondernemings deel van die oplossing kan raak. Dit grens aan waansin om dieselfde fout oor en oor te herhaal, soos met hierdie reddingspakket van R59 miljard," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.