fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Speel oop kaarte oor probleme by SAL Tegnies

"Daar moet oop kaarte met die publiek gespeel word oor die “tegniese probleme” by SAL Tegnies wat vandag daartoe gelei het dat verskeie rederye se vliegtuie verbied is om te vlieg," sê Piet Mey, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van vervoer.

"Luidens mediaberigte het die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) in ‘n kennisgewing aangekondig die aangeleentheid hou verband met “onreëlmatige bevindinge” wat in ’n onlangse oudit van SAL Tegnies geïdentifiseer is.

"Dit is kommerwekkend dat geen poging aangewend word om die aard van die onreëlmatighede of probleme te verduidelik nie en dit skep die potensiaal om groot wantroue te laat posvat onder publiek wat rederye gebruik waarvan vliegtuie by SAL Tegnies gediens word.

"Die algemene opvatting is dat faktore soos regstellende aksie (RA) dieselfde aftakelende effek op die tegniese afdeling van die SAL het as wat in ander staatsenteite soos Eskom en elders gesien kan word.

 

"Dit is skokkend dat ‘n redery nie sy tegniese verpligtinge kan nakom nie en dat die probleem klaarblyklik tot so ‘n mate ontwikkel het dat die  BLO op so ‘n omvattende skaal moes ingryp soos vandag gesien is."

 

"Selfs die BLO het klaarblyklik uitdagings met kundigheid nadat hy op groot skaal van vlieëniers in sy diens ontslae geraak het. Dit het ‘n leemte gelaat wat nou gevul moet word deur die opleiding van personeellede as vlieëniers.

"Hierdie tekort aan kundigheid by die BLO self is ook kommerwekkend en speel moontlik ‘n rol daarin dat tydige inspeksies nie meer groot krisisse soos hierdie vroegtydig kan voorkom nie.

"Kundiges op die gebied het vandag aan die VF Plus gesê die “tegniese probleme” hou waarskynlik verband met onderdele in vliegtuie en die verkryging daarvan.

 

"’n Behoorlike ondersoek moet gedoen word om die betrokke onderdele te vervang wat so lank as ‘n week per vliegtuig kan duur."

 

"Hierdie aangeleentheid is uiters ernstig. Indien enige persoon se optrede die veiligheid van enige passasier op enige wyse in die gedrang gebring het, moet daar summiere vervolging wees. Daar mag ook nie toegelaat word dat RA ten alle koste die veiligheid van passasiers raak nie," sê Mey.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.