fbpx
Vryheidsfront Plus

Uitspraak oor Zuma se regskostes: Publiek hoef nou nie te betaal vir toesmeer van staatskaping

Die VF Plus verwelkom die beslissing van die Pretoriase hooggeregshof dat voormalige president Jacob Zuma sy eie regskostes moet betaal.

"Indien die belastingbetaler wel vir die regskostes moes betaal, sou dit ironies daarop neergekom het dat die publiek met hul eie belastinggeld sou moes help om geld wat deur staatskaping van hulle gesteel is, toe te smeer," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê dit sou ook neerkom op ‘n verdere onreg teen belastingbetalers om diegene wat by staatskaping betrokke was, met belastinggeld te beskerm.

"Daar moet vir die toekoms duidelike reëls opgestel word wat bepaal dat enige persoon in ‘n openbare amp wat ‘n sekere misdryf pleeg of waar daar ‘n regsaksie teen sy persoon is, self vir die regskostes moet betaal.  Dit is onaanvaarbaar dat belastinggeld daarvoor gebruik word.

"Slegs wanneer ‘n hof bevind dat die klagtes ongeldig was, kan die staat so ‘n persoon se regskostes betaal en dan slegs indien bewys kan word dat sy optrede gespruit het uit sy ampspligte," sê Groenewald.

In antwoord op parlementêre vrae van die VF Plus oor Zuma se regskostes, blyk dit dat die kostes, sedert hy in 2009 president van Suid-Afrika geword het, altesame R24,24 miljoen (R24 240 201) beloop. (Vraag en antwoord hierby aangeheg).

Groenewald sê Zuma het hom voor die jongste saak in vyf aangeleenthede sonder enige sukses tot die hof gewend. Slegs een van hierdie aangeleenthede is gefinaliseer.

"Hy het feitlik elke keer van ten minste drie advokate gebruik gemaak, en in een geval selfs van vyf.

"Die feit dat Zuma nie een van die sake gewen het nie, dien as bewys dat belastingbetalers se geld op groot skaal vermors is net om hom uit die moeilikheid te hou," sê Groenewald.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.