fbpx
Vryheidsfront Plus

BLF en sy leier Andile Mngxitama medepligtig aan aanranding op wit vroue-advokaat

Die Black First Land First (BLF)-party en sy leier, Andile Mngxitama, moet as medepligtiges aangekla word oor die voorval waar ‘n vroue-advokaat van die Johannesburgse balie verbaal en fisiek aangeval is in die Johannesburgse hooggeregshof," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê rassistiese uitlatings teenoor dié advokaat deur mense geklee in BLF T-hemde soos:  “…. (sy) as wit vrou moet kniel voor swart mense van hierdie land nadat (sy) hul grond gesteel het … en die land verlaat”, strook met uitlatings van die BLF-leier.

"Dit is ‘n duidelike bewys dat aanhangers van die BLF uitvoering gee aan die haatspraak en aanstigting tot geweld deur hul leier.

"Die Johannesburgse hooggeregshof moet verduidelik watter veiligheidsmaatreëls hy in plek gaan stel om soortgelyke voorvalle te voorkom.

"Die sekuriteitsbeampte wat met hardhandige optrede skade aan die advokaat se toerusting aangerig het en daarna geweier het om sy naam te gee, moet deur sy werkgewer dissiplinêr aangekla word. Sy optrede het aanleiding gegee tot die rasse-voorval.

"Die Vryheidsfront Plus sal ook ‘n skrywe rig aan die minister van Justisie om te verneem watter veiligheidsmaatreëls by howe ingestel is om regslui en die publiek te beskerm," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.