Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel met sy verlaagde standaarde is bloot te gebrekkig om leerlinge na behore voor te berei vir naskoolse opleiding en dit plaas ‘n demper op die uitslae vir die 2017-matrieks wat pas aangekondig is, sê adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, en dr. Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die Noord-Kaap.
Adv. Alberts en dr. Boshoff het die suksesvolle leerlinge nogtans namens die VF Plus gelukgewens met die uitslae en het die onsuksesvolles gevra om nie moed op te gee nie en om alles in die stryd te werp om met voortgesette pogings wel hul matriekeksamen te slaag.
"In stede daarvan dat hoër onderwys na ander inheemse tale uitgebrei word, word 'n misplaaste weergawe van regstelling gedoen deur Afrikaans op daardie vlak met Engels te vervang"
Volgens adv. Alberts en dr. Boshoff is daar veral drie groot leemtes wat leerlinge van die huidige stelsel benadeel. Dit is:
Afrikaanssprekende matrikulante, veral in provinsies soos die Noord- en Wes-Kaap, word ook toenemend deur die hoër-onderwysbedeling in die steek gelaat.
In stede daarvan dat hoër onderwys na ander inheemse tale uitgebrei word, word 'n misplaaste weergawe van regstelling gedoen deur Afrikaans op daardie vlak met Engels te vervang.
• Boshoff het in 2011 in Kurrikulumstudies en Instruksionele Ontwerp gepromoveer.