fbpx
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metropolisie behaal groot suksesse gedurende Paasnaweek

Die Tshwane-metropolisiediens (TMPD) het die afgelope Paasnaweek alles in die stryd gewerp om bo en behalwe die druk van padblokkades op hoofroetes steeds ander wetstoepassing-verantwoordelikhede uit te voer. Verskeie boetes is uitgereik, gesteelde motors is teruggevind en daar is beslag gelê op ʼn groot hoeveelheid heroïne.

Die TMPD het in Pretoria-Oos R72 100 se boetes uitgereik vir verskeie oortredings vir onder meer verkeersoortredings en die gebruik van onwettige advertensie-waentjies.

Die honde-eenheid het op 1 April twee gesteelde voertuie teruggevind binne ʼn uur nadat dit gesteel is.

In die eerste voorval is ʼn Nissan in Hatfield gesteel ná ʼn sakkeroller die sleutel uit die eienaar se sak gesteel het. Die motor is later verlate in Mamelodi gevind.

Die tweede voertuig, ʼn Toyota Hilux, is in Moreletapark gesteel en later in Nelmapiusrylaan teruggevind.

Op 28 Maart het die dwelmeenheid ‘n wenk ontvang dat ’n persoon dwelms na Pretoria-Wes sou smokkel.

Die TMPD het onmiddellik opgevolg en ‘n Nigeriër is in besit van heroïne (Nyaope) aangetref.

Nege plastiese balle wat heroïne bevat, is in sy wit Suzuki gevind, terwyl nog vyf plastiese balle met heroïne binne sy tweede voertuig, ʼn Volkswagen T Cross motor aangetref is. Beslag is gelê op beide voertuie. Die waarde van die dwelms beloop na raming R49 000.

Die VF Plus het die TMPD gelukgewens met die suksesvolle operasies. Die diens het sy toewyding aan openbare veiligheid bewys deur die uitstekende resultate wat behaal is, en daarom erken en waardeer die party lede se harde werk.

Die VF Plus steun ook die TMPD se toewyding tot die bestuur van openbare orde en veiligheid in die gemeenskap. Die VF Plus moedig voortdurend enige inisiatiewe aan wat die veiligheid van inwoners bevorder en gemeenskappe veiliger maak.

Die party doen ‘n beroep op alle inwoners om met die polisie saam te werk en enige verdagte optrede aan te meld om die Tshwane-metro se veiligheid te verbeter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.