fbpx
Vryheidsfront Plus

Sterk koalisieregering enigste hoop om munisipale verval te stuit

Die jongste verslag van “Good Governance Africa” (GGA) oor die stand van Suid-Afrikaanse munisipaliteite onderstreep weer die feit dat munisipale herstel slegs kan plaasvind onder die bewind van ʼn sterk, etiese koalisieregering waarvan die VF Plus ʼn deel vorm.

Hierdie verslag, sowel as onlangse verslae van die ouditeur-generaal (OG), die nasionale tesourie, die menseregtekommissie (MRK), die departement van water en sanitasie (DWS) se blou- en groendruppelverslae en ironies genoeg, die verslag van die ANC-geleide parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), wys met reëlmaat dieselfde oorsake vir die munisipale verval uit.

Hiervan staan die hoë vlakke van korrupsie en wanbestuur in ANC-geleide munisipaliteite, ANC-faksiegevegte, ʼn gebrek aan verantwoordbaarheid en ʼn algemene kultuur van wetteloosheid telkens uit.

Inwoners in landelike provinsies soos Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap moet reeds vir jare die gevolge van die ANC se verval trotseer. Basiese dienste soos water- en kragvoorsiening word gereeld vir dae onderbreek en onverwerkte riool vorm damme in die strate se slaggate.

Die ondeurdagte skepping van gesentraliseerde munisipaliteite deur die samesmelting van kleiner munisipaliteite, het ook die verval bespoedig. Die onverantwoordbaarheid van reeds onbevoegde plaaslike ANC-politici en munisipale amptenare teenoor hul gemeenskappe het dit in die hand gewerk.

Die landwye verval van munisipale dienslewering sal altyd ʼn klad op die ANC se naam wees.

Die VF Plus sal as deel van ʼn professionele koalisieregering die herstel van werksetiek, die herstel van kleiner dorpsmunisipaliteite en die herbouing van infrastruktuur in ʼn korrupsievrye omgewing vooropstel.

Kiesers moet op 29 Mei met hul stemme verseker dat die ANC uit regering verwyder word en vervang word met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus se beleid deel is van die grondslag vir die heropbou van Suid-Afrika.

Sonder die ANC kan ons herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.