Die goedkeuring van die Tshwane-metro se aansuiweringbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar wat met stampe en stote gepaard gegaan het, is ‘n groot oorwinning vir die koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.
Daar kan nou op basiese dienslewering en die metro se finansiële volhoubaarheid gefokus word.
In die aansuiweringsbegroting is R50 miljoen bewillig om debiteure-invordering te doen om sodoende die debiteureboek te verminder.
Die stap sal ook help om die metro se finansies te stabiliseer.
Die party verwelkom ook besparings van Covid-19-uitgawes, die vermindering van donasies en die skryfbehoeftebegroting wat met R3 miljoen gesny is.
Die VF Plus sal ook sy insette lewer oor die konsepbegroting vir die 2023/24-finansiële jaar wat tans oop is vir kommentaar vanaf inwoners.