Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tree ook strafregtelik op teen almal betrokke by Eskom-korrupsie

"Die VF Plus verwelkom die eis wat ingestel is teen voormalige raadslede, voorsitters en uitvoerende amptenare van Eskom om geld wat deur korrupsie by die kragvoorsiener verlore geraak het, te herwin," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van openbare ondernemings.

"Die verweerders in die siviele eis sluit ook in die voormalige minister van minerale hulpbronne en energie, Mosebenzi Zwane, asook die Guptas.

 

"Die VF Plus vra lank reeds dat stappe geneem word om fondse te herwin wat weens korrupsie by Eskom verlore geraak het."

 

"Daar moet nou ook strafregtelik teen die persone opgetree word. Siviele stappe is nie genoeg nie en kan slegs as oëverblindery gesien word aangesien die betrokke R3,8 miljard in alle waarskynlikheid nie suksesvol van hierdie persone herwin gaan word nie.

"Eskom het vandag bekend gemaak dat hy in samewerking met die spesiale ondersoekeenheid ‘n dagvaarding deur die Pretoriase hooggeregshof laat uitreik het om die geld terug te kry.

"Om korrupsie effektief hok te slaan, moet politici wat by onreëlmatige transaksies betrokke was, vervolg en swaar gestraf word," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.