fbpx
Vryheidsfront Plus

Tlokwe/Ventersdorp naamsverandering mors van belastingbetalers se geld

Die VF Plus veroordeel die besluit deur die ANC-beheerde munisipale raad om die naam van die Tlokwe/Ventersdorp-plaaslike munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp insluit, na die JB Marks-plaaslike munisipaliteit te verander, sê Pieter Steyn, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit.

Steyn het na afloop van die raadsvergadering waarin die besluit met ‘n meerderheid stemme aanvaar is gesê dat die besluit deur die ANC-meerderheid op die raad afgedwing word ten spyte van die openbare deelname proses, soos wetlik bepaal, waarin die sentiment duidelik daarteen was.

“Die ANC dwing die naamsverandering af sonder ‘n behoorlike impakstudie om die uitgawes daarvan te bepaal. Belastingbetalers sal weereens vir ‘n ANC propaganda- en in wese ‘n -ondersteuningsveldtog moet opdok.”

Steyn het gesê dat daar reeds ‘n standbeeld van JB Marks ter verering in Ventersdorp opgerig is en dat dit ‘n onnodige verkwisting van die munisipaliteit se beperkte fondse sal wees om nou weer ‘n hele naamsveranderingsproses van stapel te stuur.

 

Kontakbesonderhede: 083 292 1157 / 079 885 1135

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.