fbpx
Vryheidsfront Plus

Taverne-slagtings dui op diepliggende probleme in polisie en strafregstelsel

Die reeks skietvoorvalle sedert Donderdag in tavernes in Pinetown, Pietermaritzburg, Katlehong en Orlando in Soweto, dui op diepliggende probleme in die polisie en ernstige gebreke in die strafregstelsel.

Tot dusver is 22 persone in die voorvalle dood en 22 beseer waarvan etlike in ‘n kritieke toestand is.

Die VF Plus simpatiseer met die naasbestaandes van die slagoffers.

Die gebreke in Suid-Afrika se strafregstelsel word onderstreep deur die feit dat ‘n misdadiger se kans om weg te kom met misdaad, sowat 80% is.

Misdadigers vrees nie meer die polisie nie en hulle word nie afgeskrik deur ontoereikende strawwe sou hulle wel voor ‘n hof gebring word nie.

Die land se stygende misdaadsyfers wys lank reeds hierdie gebreke in die stelsel uit.

Dit blyk ook dat onwettige vuurwapens soos AK47-aanvalsgewere in die skietvoorvalle gebruik is. Private persone mag nie sulke vuurwapens besit nie en dit wys dat die polisie verloor beheer oor die voorkoming van onwettige vuurwapenbesit in Suid-Afrika.

Aan die een kant probeer die regering wetsgehoorsame burgers ontwapen terwyl misdadigers duidelik nie sukkel om onwettige wapens en ammunisie te bekom nie.

Suid-Afrika het wel goeie wetgewing om misdaad te bekamp. Die probleem lê egter by die toepassing daarvan.

Dit plaas ook die optrede van Bheki Cele, die minister van polisie, in perspektief wat sy humeur verloor wanneer hy oor die misdaadprobleem in die land gekonfronteer word.

Die tyd het aangebreek dat daar opgetree word om gewone landsburgers teen misdaad te beskerm. ’n Goeie vertrekpunt sou wees om Cele te vervang met ’n bekwame persoon wat erns het met die veiligheid van die publiek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.