fbpx
Vryheidsfront Plus

Swak beleidsrigtings, staatskaping en korrupsie benadeel werkskepping

"Die gevolge van die ANC-regering se swak beleidsrigtings, staatskaping en korrupsie kan duidelik gesien word in die jaarverslag van die Industriële-ontwikkelingskorporasie (IOK) wat vandag voor die parlementêre portefeulkekomitee vir handel en nywerheid ter tafel gelê is," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel en nywerheid.

"Die verswakte ekonomiese klimaat in die land en veral in die mynbedryf het grootliks bygedra tot ‘n afplatting van handelsfinansiering in die 2018/19-finansiële jaar en het daartoe gelei dat die IOK 10 000 minder werksgeleenthede geskep het as wat in die 2017/18-finansiële jaar geprojekteer is.

"Handelsvenote van die IOK het projekte vir eers op ys geplaas wat finansieringsplanne vertraag wat tot verdere werksverliese kan lei. Die negatiewe uitkyk van die kredietgraderingsagentskap Moodeys op  die Suid-Afrikaanse ekonomie en die afgradering van Suid-Afrikaanse handelsbanke wek geen beleggingsvertroue in die land nie.

"Midde in die krisis waarin die Suid-Afrikaanse ekonomie verkeer, sal die regering nou op ‘n dringende basis sy bankrot semi-staatsinstellings moet privatiseer en van onwerkbare beleidsrigtings soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB), die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet oor eiendomsreg en die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) moet afsien," sê Mulder.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.