fbpx
Vryheidsfront Plus

Binnelandse sake se dienslewering is R2 miljard in die rooi

"Wanneer ‘n staatsdepartement eise van R2 miljard in die gesig staar weens swak dienslewering, is kommentaar oor die funksionaliteit van die onderneming waarskynlik oorbodig," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van binnelandse sake.

"Dit terwyl die rol wat die departement speel – in hierdie geval binnelandse sake, van die grootste belang is om die identiteit van Suid-Afrikaanse burgers te beskerm, die migrasie van mense te  reguleer en ook die land se internasionale verpligtinge na te kom wat bewegingsregulering aanbetref.

"Hierdie mandaat van die departement staan sentraal tot binnelandse veiligheid asook die beskerming van Suid Afrikaanse burgers op reis in die buiteland.

"Te oordeel aan talle klagtes van die publiek, neem aansoeke om reisdokumente in baie gevalle soms maande en geen terugvoer  word ontvang van die amptelik kanale op die departement se webwerf nie. Die VF Plus ontvang weekliks klagtes van die publiek wat bloot geen reaksie op hul navrae ontvang nie.

 

"Die departement is oënskynlik nie in staat om sy mandaat na behore uit te voer om toeganklike dienste en dokumente aan burgers en wettige inwoners te bied en om immigrasie-aangeleenthede van buitelandse besoekers te reguleer en immigrasiewetgewing en deportasies af te dwing nie."

 

"Die departement bedryf tewens sy sake so sleg dat hy tans regseise van meer as R2 miljard in die gesig staar vanweë swak dienslewering.

"Die departement erken self dat hy nie oor die vermoë beskik om immigrasiewetgewing te polisieer nie met spesifieke verwysing na die heersende oproer onder onwettig immigrante by die VN se kantore in Kaapstad en Pretoria," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.