fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrikaanse regering moet optree oor bewering van sluipmoord-aanval op Amerikaanse ambassadeur

"Berigte van ‘n beplande Iranse sluipmoordaanval op Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Lana Marks, is ernstig en die Suid-Afrikaanse regering moet dadelik optree om vas te stel of daar enige waarheid in die bewering steek," sê dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van internasionale betrekkinge.

"Luidens ‘n berig van die nuusdiens Politico wat vandag wêreldwyd opslae maak, beplan die Iranse regering om Marks met die hulp van Iran se ambassade in Suid-Afrika te laat vermoor uit weerwraak vir ‘n Amerikaanse aanval op die Islamitiese Revolusionêre Wag (IRW) vroeër vanjaar.

"Die toenmalige hoof van die IRW, Qassem Soleimani, is in dié aanval dood.

 

"Die VF Plus doen ‘n beroep op dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), om die ambassadeur van Iran in Suid-Afrika, Mohsen Movahhedi Ghomi, so spoedig moontlik te ontbied om vas te stel of daar enige waarheid in die bewering steek."

 

"Indien dit sou blyk dat die Iranse ambassade in Suid-Afrika op enige wyse by die aangeleentheid betrokke is, dring die VF Plus daarop aan dat die ambassade sonder meer gesluit word.

"Die feit dat verskeie internasionale nuusdienste reeds oor die aangeleentheid berig, bring mee dat die Suid-Afrikaanse regering dit nie kan ignoreer nie en sal moet optree," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.