fbpx
Vryheidsfront Plus

Stilfontein-grondbesetting: Partye nader aan oplossing

Dit wil voorkom of daar wel ‘n oplossing gevind kan word vir die Stilfontein-grondbesetingskwessie in Noordwes.

Tydens ‘n raadsitting van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit het die direkteur vir gemeenskapsontwikkeling, mnr. George Letsotse, terugvoer aan die raad gegee oor die vordering wat met die besettingskrisis gemaak is.

Volgens hom word “goeie vordering” gemaak tussen die munisipaliteit, die provinsie en die maatskappy Corobrik vir die aankoop van geskikte alternatiewe grond vir behuising. Volgens hom behoort die proses moontlik reeds teen einde van September vanjaar afgehandel te wees.

Tot op hede het die ANC se pogings om die probleem op te los, niks opgelewer nie. Die VF Plus het intussen die afgelope weke op alle vlakke van regering ingegryp om seker te maak daar word binne die wetlike raamwerk opgetree om die situasie vinnig en effektief op te los.

Die VF Plus sal voortgaan om die situasie te monitor om te verseker dat dienslewering in Stilfontein nie in duie stort weens onwettige optrede of onoordeelkundige ontwikkeling nie.

Kontaknommer: 082 443 5569

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.