fbpx
Vryheidsfront Plus

Ou vlag: Eensydige uitspraak sal versoening en nasiebou ondermyn

Vandag se hooggeregshof-uitspraak dat die ou landsvlag gelyk staan aan haatspraak, ondermyn nie net vryheid van uitdrukking nie, dit is ook ‘n eensydige besluit wat versoening en nasiebou in Suid-Afrika ondermyn.

Regter Phineas Mojapelo van die gelykheidshof het beslis die vertoon van die ou vlag verteenwoordig haatspraak. Die Nelson Mandela-Stigting (NMS) en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was die aansoekers in die saak.

Die ontstaan van die nuwe bedeling in Suid-Afrika was gegrond op nasiebou en versoening. Om dit nou weg te kalwe, is gevaarlik en dien geen doel nie. Die ou landsvlag is deel van die land se geskiedenis, net soos die ANC-vlag waaronder vele gruweldade gepleeg is.

Aan die geskiedenis kan nie verander word nie, en om ‘n vlag wat vir ‘n sekere deel van die bevolking groot waarde het nou tot haatspraak te verklaar, gaan niks daaraan verander nie.

Hierdie uitspraak skep ‘n gevaarlike presedent. Wat van die Britse vlag waaronder tienduisende wit- en swart mense in konsentrasiekampe gesterf het? Om nie te praat nie van die ou vlag van die Sowjet-Unie wat deur die SAKP voorgehou word en waaronder miljoene gesterf het.

Suid-Afrika se howe moet hulle by die reg hou en nie ingetrek word in die moeras van morele oordele nie.

Nasiebou is nie om een se wil op ‘n ander af te dwing nie. Dit versoen nie, dit skeur in twee. Dit is al wat hierdie uitspraak gaan bereik.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.