fbpx
Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Staat se intelligensie- en veiligheidsgemeenskap misbruik geheimhouding om verantwoording te ontduik

" ‘n Wesenlike probleem met die staat se intelligensie- en veiligheidsgemeenskappe is dat vertroulikheid misbruik word om parlementêre oorsig en verantwoording te ontduik en moontlik ook misdaad te verdoesel," sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

"Dit gebeur gereeld dat vertroulikheid as verskoning voorgehou word om moeilike vrae wat in die parlement gevra word oor moontlike ongerymdhede, te ontduik. Daardeur word verantwoordbaarheid aan die parlement ontduik.

"Daar sal dringend besin moet word oor die definisie van vertroulikheid om die agentskappe, in besonder die staatsveiligheidsagentskap (SVA), verantwoordbaar te hou.

"Die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, was onlangs ontevrede omdat haar waarnemende direkteur-generaal, mnr. Loyiso Jafta, voor die Zondo-kommissie getuig het. Waarom? Indien daar niks was om weg te steek nie, moes sy die getuienis verwelkom het.

 

"Ek het onlangs skriftelike parlementêre vrae aan minister Dlodlo gerig oor getuienis voor die Zondo-kommissie aangaande die SVA wat glo vuurwapens uitgedeel het aan persone sonder om rekord te hou waarvoor dit gebruik word."

 

 

"Die minister het nie die vraag beantwoord nie en het net gesê ‘n antwoord is by die parlement ingedien. Navrae het egter getoon dit is nie gedoen nie. Sy kom nie eens die reëls van die parlement na nie.

"Nog ‘n voorbeeld van gebrek aan verantwoording is waar ‘n voormalige minister van veiligheid en sekuriteit, Sydney Mufamadi, reeds in 2018 ‘n volledige verslag oor onreëlmatighede in die SVA aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig het. Tot dusver is geen stappe hieroor geneem nie.

"Oor die SVA se Operasie Justisie het Mufamadi getuig dat miljoene rande betaal is aan die vorige minister van staatsveiligheid, David Mahlobo. Ook daaroor heers net stilte.

 

"In Afrikaans is ‘n spreekwoord wat lui; ‘die deler is net so goed soos die steler’. Persone wat daarvan weet en swyg, is daarom aandadig aan die wandade."

 

"Daar moet opgetree word teen die mense en indien skuldig, moet hulle tronk toe gaan. Sulke ernstige misdaad kan nie toegesmeer word onder die dekmantel van ‘vertroulikheid’ nie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.