fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje: VF Plus dring daarop aan dat amptenare verantwoordbaar gehou word

"Die minagting waarmee senior amptenare die raad van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit in Kimberley bejeën, veroorsaak herhaaldelik vir dié plaaslike regering 'n krisis," sê Kobus van den Berg, VF Plus-raadslid in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit.

Van den Berg se dit is dringend noodsaaklik dat die ANC-beheerde raad die politieke wil aan die dag lê om teen sulke amptenare op te tree.

In die jongste voorval is twee geskeduleerde komiteevergaderings op 13 Augustus afgestel nadat die betrokke direkteure nie daarvoor opgedaag het nie.

"Hierdie soort nalatigheid verklaar die toenemende agteruitgang van dienslewering"

 

By nadere ondersoek het dit geblyk dat daar tans 95 verslae uitstaande is wat komitees aangevra het.

Hierdie verslae is deur raadskomitees kragtens die Munisipale Stelselswet aangevra en amptenare wat in gebreke bly om daaraan gehoor te gee, kan geskors word. 

Die komitee vir vervoer, paaie en stormwater het Dinsdag aanbeveel dat die burgemeesterskomitee die direkteur vir infrastruktuur en dienste moet skors vir sy versuim om verslag te doen en komiteevergaderings by te woon.

"In nog 'n onlangse geval het die versuim van 'n amptenaar om oor die huur van 'n buitensporige duur motor verslag te doen, daartoe gelei dat die agendapunt verval het.

"Hierdie soort nalatigheid verklaar die toenemende agteruitgang van dienslewering en infrastruktuur in die munisipale gebied.

"Die VF Plus dring by die burgemeester en sy komitee daarop aan om die politieke wil aan die dag te lê wat nodig is om teen lakse amptenare op te tree," sê Van den Berg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.