fbpx
Vryheidsfront Plus

Slegs een nuwe Afrikaanse skool in Gauteng is onaanvaarbaar

Terwyl meer as 10% van Gauteng se bevolking Afrikaans as eerste taal gebruik, is daar sedert 2014 uit die 52 nuwe skole wat in die provinsie gebou is, slegs een wat Afrikaans as onderrigmedium bied. Slegs sewe van die nuwe skole bied onderrig in tale anders as Engels.

Die VF Plus beskou die regering se minagting van moedertaalonderrig as onaanvaarbaar en ongrondwetlik. Die tekort aan skole wat voorsiening maak vir moedertaalonderrig benadeel leerlinge en het swak prestasie tot gevolg.

Die nasionale minister van basiese onderwys het op ‘n vraag van die VF Plus in die parlement gesê daar is 52 nuwe skole in Gauteng sedert 2014 gebou.

Die nasionale minister se antwoord dui dat 45 van die 52 nuwe skole slegs Engels is, een is Engels/Afrikaans en ses is onderskeidelik Engels/Zoeloe, Engels/Sepedi en Engels/Tsonga. Dit terwyl moedertaal Zoeloe-sprekers 23% van Gauteng se bevolking is.

"Dit is duidelik dat die ANC-regering geen erns het met moedertaalonderrig in skole nie en daarop uit is om alle bevolkingsgroepe in Gauteng se reg tot moedertaalonderrig te vertrap. Sodoende word leerlinge hul grondwetlike reg ontneem om in hul moedertaal onderrig te ontvang," sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng.

"Die ANC-regering gaan eendag ‘n duur prys betaal vir hierdie vertrapping van bevolkingsgroepe se reg om in hul moedertaal onderrig te ontvang.  Soos in 1976 gaan leerlinge weer in opstand kom, maar hierdie keer teen Engels as oorheersende onderrigtaal.

"Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het verlede week in die wetgewer aangedui dat daar sedert 2014, 43 nuwe skole in die provinsie gebou is. Dit word weerspreek deur die antwoord van die nasionale minister en bevestig die VF Plus se standpunt dat Lesufi nie weet wat in sy departement aangaan nie.

"Die VF Plus eis dat die Gautengse onderwysdepartement moet besin oor sy onderwysprogram en moedertaalonderrig prioritiseer," sê Van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.