Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Skole in Merafong dreig om te sluit weens watertekort

Skole in die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) wat dreig om tydelik te sluit nadat water in dié gebied verlede week opgedroog het, is ʼn klinkklare bewys dat dié munisipaliteit geen belang by hul inwoners het nie.

Tehuise vir bejaardes, bejaardes wat op hul eie woon en ander kwesbares, is ook hard getref.

Die watertrokke wat die munisipaliteit sedert Saterdag beskikbaar gestel het om die munisipale gebied te bedien, is hopeloos te min en kan nie in behoeftes voorsien nie.

Randwater het ʼn tyd gelede begin om watervoorsiening na Merafong met 20% te verminder omdat die munisipaliteit nie sy waterskuld vereffen nie. Tans skuld Merafong Randwater meer as R1 miljard.

Merafong het ook sy eie waterbeperkings ingestel. 

Die VF Plus het die party se komiteevoorsitter van die Gautengse portefeuljekomitee vir landbou en omgewingsake, mnr. Jaco Mulder, gevra om dringend Merafong se waterprobleme met die betrokke LUR’e op te neem om ʼn oplossing te vind.

Merafong vertrap inwoners se grondwetlike reg op toegang tot voldoende water en dit kan nie langer voortduur nie. Die VF Plus sal intussen druk op die munisipaliteit plaas om meer watertrokke te ontplooi om aan inwoners se behoeftes te voldoen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.