Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ruk veiligheid by Bloemfontein se stortingsterrein só reg

Die VF Plus het die stadsbestuurder van die Mangaug metro-munisipaliteit, adv. Tankiso Mea, versoek om dringend aandag te skenk aan die veiligheid by stortingsterreine in Bloemfontein waar voorvalle van geweld die afgelope maande voorgekom het.

Tydens ‘n vergadering met adv. Mea het die VF Plus sy kommer uitgespreek oor die groot aantal rooftogte by die suidelike stortingsterrein in die stad.

"Net in Januarie vanjaar is sewe mense daar beroof," sê Elizabeth Snyman-Van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung Metro-raad

Die VF Plus het die volgende aan adv. Mea voorgestel in ‘n poging om die veiligheid van inwoners van Bloemfontein te verseker:

Syman sê met die toenemende aantal probleme wat die metro ervaar met munisipale werkers wat op ‘n sloerstaking is oor oortydbetaling wat glad nie of net gedeeltelik ontvang is, word inwoners toenemend genoodsaak om vullis self te verwyder.

"Dit is die metro se verantwoordelikheid om nie net vullisdienste te verseker nie, maar ook om toe te sien dat die stortingsterreine in die stad veilig vir inwoners is."

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.