Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Rooi ligte flikker vir demokrasie na Gautengse LUR vir CoGTA die Tshwane-metro onder administrasie plaas

"Die rooi ligte flikker vir demokrasie in Gauteng nadat die waarnemende speaker tydens die raadsvergadering Donderdag in die Tshwane-metro deur die ANC en EFF met geweld verhinder is om sy stoel in te neem," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en provinsiale leier van Gauteng.

"Die gebeure het die tafel gedek vir die LUR vir samewerkende regering in Gauteng, mnr. Lebogang Maile, om die metro onder administrasie te plaas.

"Die feit dat die departement vir samewerkende regering (Cogta) boonop tydens die sitting ingemeng het deur na die gebeure self die verkiesing van ‘n nuwe waarnemende speaker waar te neem, is onwettig.

"Die provinsiale departement vir samewerkende regering mag slegs toetree na ‘n algemene plaaslike regeringsverkiesing indien daar nie ‘n munisipale bestuurder of waarnemende munisipale bestuurder, deur die raad aangestel is nie.

 

"Dit is duidelik dat die premier van Gauteng, mnr. David Makura, die geweld kondoneer wat gevolg het op sy dreigement vroeër die week om in te gryp in die situasie."

 

"Die VF Plus gaan die gebeure ondersoek en klagte by die polisie, die openbare beskermer (OB) en ander wetstoepassingsagentskappe, indien," sê Mulder.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.