Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Resessie dui op inkrimping van ekonomie en maak begroting onrealisties

"Die inkrimping van Suid-Afrika se ekonomie in die laaste kwartaal van 2019 terwyl nasionale tesourie ‘n groeikoers van 0,3% voorspel het, voorspel niks goed vir die komende finansiële jaar nie, veral in ag genome die begroting van verlede week wat gegrond is op ‘n groeikoers van ten minste 0,9%," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van finansies.

"Indien daar dus nie ekonomiese groei van 0,9% is nie, gaan die staat se inkomste veel minder wees as waarvoor begroot is en die begrotingstekort soveel meer. Die staat sal veel meer geld moet leen om sy verpligtinge na te kom wat skuldvlakke en finansieringskoste selfs verder gaan verhoog.

"Die begroting kan daarom nie realiseer nie aangesien dit gegrond is op onakkurate aannames. Suid-Afrika het dringend ekonomiese groei nodig om die fiskus te stimuleer en werk te skep.

 

"Die VF Plus is uiters bekommerd oor die stand van sake en meen daar moet dringende stappe in werking gestel word bo en behalwe dit wat die minister (Tito Mboweni) aangekondig het om die uitgawes van die staat te besnoei."

 

"Veral beleidsekerheid moet geskep word om beleggingsekerheid te bewerkstellig. Een van die groot negatiewe faktore hier is die onsekerheid wat onteiening sonder vergoeding vir moontlike beleggers inhou.

"Verdere negatiewe drywers is die minimum loon en wetgewing wat die privaatsektor verhinder om werk te skep. Burokrasie veroorsaak dat die hele waardeketting buitensporig hoog is wat insetkoste met vervaardiging en produksie en uiteindelik pryse onnatuurlik verhoog. Die publiek het eindelik minder om te bestee en pryse is te hoog om ‘n gesonde ekonomiese groei-situasie te skep.

"Die regering moet beheer kry oor vakbonde wat tans die stert is wat die ANC-regering rondswaai en bepaal wat die regering doen of nié en wat ook dreig om die ekonomie lam te lê met uitgebreide stakings. Hul uitsprake rakende die gebruik van pensioenfondse om Eskom en ander staatsentiteite te red, striem ook ekonomiese groei.

 

"Die fiskale raamwerk sal drasties hersien moet word om voorsiening te maak vir beter fiskale dissipline en uiteindelik beleidsekerheid om werk te skep. Infrastruktuur – van water en riolering tot paaie en vervoer – moet opgeknap word."

 

"Die teenoorgestelde gebeur egter. In verlede week se begroting is geen bykomende geld gegee vir openbare vervoer nie terwyl die gordel om besteding aan munisipale infrastruktuur ook stywer getrek word. Dit skep nie gesonde toestande vir ekonomiese groei nie," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.