fbpx
Vryheidsfront Plus

Regte besluit om saak teen Pravin Gordhan te laat vaar

Die besluit om die saak teen minister Pravin Gordhan te laat vaar was die regte een, maar dit verander nie aan die feit dat die aangeleentheid die kantoor van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en sy hoof, adv. Shaun Abrahams, in ongeloofwaardigheid gedompel het nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê dit was van meet af aan duidelik dat die saak teen min. Gordhan, Oupa Magashula en Ivan Pillay nie op bona fide-redes gegrond was nie, en adv. Abrahams sal moet bedank om die publiek weer vertroue in die NVG te gee.

“Adv. Abrahams was na die reuse ekonomiese implikasies van Nenegate wel deeglik bewus van die impak wat ‘n besluit om Gordhan te vervolg sou hê. Dit spreek daarom vanself dat hy dubbel seker moes maak daar is ‘n prima facie-saak met genoeg bewyse voordat die besluit geneem is om te vervolg.

“Vanoggend is bewys dat die besluit om te vervolg nie deurdag was nie, wat die indruk verskerp dat die aangeleentheid ‘n politieke dryfveer gehad het,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.