fbpx
Vryheidsfront Plus

President se reaksie oor ligte straf vir adjunkminister Dipuo Peters wys hoe ANC korrupsie omarm

President Cyril Ramaphosa se minagtende antwoord oor die ligte straf van ʼn maandlange skorsing vir adjunkminister Dipuo Peters wys dat die regering geen erns oor korrupsie het nie en dat hy sy kaders skaamteloos beskerm.

Peters, tans adjunkminister van kleinsake-ontwikkeling, is onlangs op ernstige klagte vir slegs ʼn maand geskors weens ʼn oortreding van die parlement se etiese kode terwyl sy minister van vervoer was.

President Ramaphosa se antwoord in vraetyd vandag op die VF Plus se vraag oor die ligte straf, was ontwykend en vaag.

Eers ná ʼn versoek van dr. Groenewald om nie die vraag te omseil nie, het die president geantwoord dat hy op die straf besluit het en dit as voldoende beskou.

Hierdie houding van die president wys dat die ANC sy morele kompas totaal verloor het.

Die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange het onder meer bevind dat Peters versuim het om ʼn uitvoerende hoof vir die Passasiersspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) aan te stel en dat sy Prasa se raad onder voorsitterskap van Popo Molefe afgedank het nadat hulle ondersoeke na korrupsie ingestel het. (Firing of Prasa board reckless, says chairman Popo Molefe: BusinessLIVE: 9-3-2017.)

Sy het ook versuim om die bewering te ondersoek dat Swifambo Rail R79 miljoen van Prasa se geld onregmatig na die ANC se koffers gekanaliseer het en dat sy in 2014 en 2015 Prasa-busse vir ANC-geleenthede gebruik het.

Hierdie en ander klagte is ernstig en die president moes haar na regte summier afgedank het ná die aanbeveling van die komitee.

Veral die optrede van ʼn minister of adjunkminister moet ten alle tye bo verdenking wees om nie die publiek se vertroue in die regering te skaad nie.

Dit wys dat die regering korrupsie en bedrog sal duld en oortreders selfs sal beskerm solank die ANC daardeur bevoordeel word. Suid-Afrika kan nie bekostig om nóg ʼn termyn onder die bestuur van ʼn regering van rampokkers te staan nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.