Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Speaker moet opsystaan ná klopjag by huis

Die VF Plus verwelkom die ondersoek en klopjag van die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) se ondersoekdirektoraat by die huis van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering (NV).

Die ondersoek hou glo verband met optrede van Mapisa-Nqakula terwyl sy minister van verdediging en militêre veterane was. Sy het na bewering omkoopgeld van R2,3 miljoen in die vorm van “geskenke” van ʼn diensverskaffer van die weermag ontvang.

Die VF Plus sal wil sien dat die Valke sy ondersoek vinnig en deeglik afhandel. Suid-Afrika se publiek het die reg om die waarheid oor die aangeleentheid te weet.

As speaker behoort Mapisa-Nqakula dadelik opsy te staan, aangesien die klagtes verband hou met haar integriteit.

Deur in die pos aan te bly terwyl die ondersoek aan die gang is, sal die integriteit van die parlement ook aangetas word.

ʼn Speaker dien as simbool van integriteit, eerlikheid, respek en verantwoordbaarheid van die parlement. Dit is juis al hierdie aspekte wat nou in die gedrang kom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.