fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

President ontwyk vrae oor daadwerklike hulp soos tariefbeskerming aan boere

"Vrae van die VF Plus aan pres. Cyril Ramaphosa oor daadwerklike en onmiddellike hulp aan boere soos tariefbeskerming, het ‘n vae en ontwykende antwoord ontlok wat geen vertroue inboesem oor die regering se begrip vir die erns van die krisis waarin landbouers verkeer nie," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van finansies.

"Die VF Plus het die vraag oor hulp aan boere gevra aan die hand van die ekonomiese groeiplan van mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, waarin die landbousektor geïdentifiseer word as 'n prioriteit vir arbeidintensiewe ekonomiese groei.

"Die vraag aan die president was of hy te midde van die heersende droogte, hoë insetkoste en die toenemende werklikheid van bankrotskap onder kommersiële boere, tariefbeskerming sal oorweeg as daadwerklike hulp om landbou te ondersteun. Die tyd het aangebreek vir ‘n mate van tariefbeskerming op sekere ingevoerde landbouprodukte.

 

"Die president het ontwykend geantwoord en slegs gesê die regering beskou kommersiële landbou as belangrik en dat die departement van landbou ondersteuning en hulp aan boere om die droogte te oorkom, moet behandel en prioritiseer."

 

"Dit is duidelik dat daar tussen die alliansievennote van die regerende party nog gestry word oor die ekonomiese herstelplan. Teen die tyd dat die plan eindelik in werking gestel word, sal daar waarskynlik niks oor wees van die landbousektor nie.

"Die VF Plus het onlangs in ‘n mediaverklaring ‘n ontstellende prentjie geskets van die rompslomp met droogtehulp wat via die gewone kanale deur die departement van landbou na boere gekanaliseer moet word. In sommige gevalle is boere wat aansoek gedoen het, na vyf jaar steeds nie gehelp nie.

"Die VF Plus besef die noodsaaklikheid van tydige ingryping en hulpverlening in knellende droogtetoestande om te verhinder dat rampsituasies in gebiede ontstaan wat deur tydige hulp en voorsorg wel bestuur kan word sonder om produksie totaal verlore te laat gaan.

 

"Om hierdie rede het die VF Plus verlede week ‘n parlementêre mosie ingedien waarin gevra word dat erkenning gegee moet word aan die feit dat die huidige stelsel van rampbestuur in droogtegebiede nie relevant of doeltreffend is nie."

 

"Die mosie versoek ook dat die aangeleentheid verwys word na die portefeuljekomitees vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en dié van samewerkende regering en tradisionele sake om die huidige rampbestuursmodel te hersien en toepaslike wetgewing in te stel om effektiewe ramphulp te verseker.

"Al wil president Ramaphosa nie erkenning gee aan die erns van die situasie nie, sal de VF Plus voortgaan om druk op die regering te plaas om nie net lippediens te betoon oor dringende hulp aan boere nie, maar om die sektor sonder versuim te help," sê Wessels.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.