fbpx
Vryheidsfront Plus

President gekant teen geheime stemming

President Jacob Zuma is gekant teen ‘n geheime stemming. Dit het vanmiddag geblyk uit ‘n vraag van die VF Plus of hy ‘n geheime stemming sal steun gesien in die lig van die Grondwethof se uitspraak oor die saak vandag, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Die hof het onder meer bevind die speaker is wel by magte om te besluit of ‘n geheime stemming toegelaat kan word of nie.

Op die vraag of hy ‘n geheime stemming sal steun, het die president geantwoord hy verkies dat die parlement moet bly stem soos met die vorige stemmings wat oop was en waar gesien kan word hoe elke lid stem.

Dr. Mulder sê dit is duidelik dat pres. Zuma nie sy party-koukus vertrou om oor hom te stem as hy nie elkeen se stem na die stemmery kan kontroleer nie.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.