fbpx
Vryheidsfront Plus

Phokwane se Spring Bonanza – raadslede self skuld meer as R1,1 miljoen

Die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp, Pampierstat) het onlangs sy Spring Bonanza-veldtog geloods in ʼn poging om ʼn deel van die sowat R1 miljard wat inwoners die munisipaliteit skuld, in te vorder.

Die veldtog geld slegs vir agterstallige diensterekeninge en nie vir eiendomsbelasting nie. Hiervolgens sal agterstallige rekeninge teen ʼn rand vir ʼn rand afgeskryf word. 

Daar blyk egter ʼn belangebotsing te wees aangesien daar raadslede is wat gesamentlik byna R1,14 miljoen skuld wat langer as 90 dae agterstallig is. Dit is volgens die mees onlangse syfers wat aan die raad voorgelê is.

ʼn Omstrede deel van die raad se besluit is dat dit nie net op rekeninge van toepassing is wat langer as 90 dae agterstallig is nie, maar ook op rekeninge wat op datum is.

Toe die VF Plus sy teenstand teen die besluit uitspreek, is dié bepaling bevestig. Dit is ook so geadverteer.

Die debat oor die veldtog het daarna herhaaldelik ʼn rassistiese koers ingeslaan. Sommige raadslede sê wit mense is voorheen bevoorreg en moet betaal terwyl daar teen swart inwoners gediskrimineer is.

Dit is nog altyd die VF Plus se standpunt dat dienstegelde nie afgeskryf moet word nie en dat dit net die kultuur van nie-betaling sal bevorder, ook onder getroue belastingbetalers.

’n Inwoner wat sy naam nie wil bekend maak nie, het aan die VF Plus gesê hy is bewus van ʼn geval waar ’n ander inwoner sy rekening betaal het en dat die afslag op die volle bedrag van sy rekening toegepas is – soos deur die advertensie bepaal.

Toe hy egter dieselfde wou doen, het die amptenaar aan hom verklaar dat hy nie daarvoor kwalifiseer nie. 

Die rekeninge was soortgelyk en die enigste opvallende verskil is die demografiese profiel van die rekeninghouer.

Die VF Plus is besig om die saak verder te voer. Selfs indien die munisipaliteit ’n swak besluit neem, moet dit sonder diskriminasie toegepas word. In hierdie geval is daar egter soveel omstredenheid dat dit eerder in die geheel geskrap moet word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.