Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Peter Marais: Waarom Vryheidsfront Plus

Na vele indringende gesprekke met die leierskap van die Vryheidsfront Plus en die daaropvolgende instemming van die volle uitvoerende bestuur van die Bruin Belange Beweging (BBB), het Peter Marais Dinsdag tydens 'n mediakonferensie in Kaapstad gesê.

Marais, 'n vorige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad,  het homself beskikbaar gestel as kandidaat vir die VF Plus in die Wes-Kaap in die komende verkiesing.

Lees Marais se verklaring:

"Die VF Plus se nasionale- en provinsiale strukture het my daarna ingevolge die vereiste prosedure benoem as hul premierskandidaat vir die Wes-Kaap.

My aanwysing as premierskandidaat is ‘n voorreg waar ek die ideale en doelwitte waartoe ek my verbind, ten volle kan uitleef en bevorder.

Vir die afgelope tien jaar sedert my uittrede uit politiek in 2004, is ek gedurig gevra deur bruin sowel as wit mense om my hertoetrede tot die aktiewe politiek te oorweeg. Vir my was dit ‘n baie gewigtige besluit om te neem aangesien ek al my tyd aan my gesin wou toewy na meer as veertig jaar in die politiek.

Nadat ek egter die afgelope ses jaar telkens bruinmense se griewe in hofsake moes verdedig omdat niemand anders kans daarvoor gesien het nie, het ek finaal besluit om terug te keer.

Met die steun van die BBB het ons ons daartoe verbind om in alle opsigte die VF Plus se beleid van selfbeskikking vir alle minderhede te steun – mense wat ‘n gemeenskaplike taal en kultuur binne ‘n bepaalde streek of provinsie deel soos omskryf in artikels 235, 9, 30, 31, en 185 van Suid Afrika se Grondwet.

Die BBB se voorkeur vir federalisme beskou ons nie in geheel as teenstrydig met die VF Plus se beleid van konfederalisme nie, maar bloot as ‘n ander vertolking van selfbeskikking. Uitsluitsel hieroor sal uiteindelik slegs deur nasionale wetgewing bepaal kan word.

Die BBB sal sy eie identiteit, as ‘n drukgroep vir die beskerming van bruinmense se regte behou, om nuwe stukrag te verleen aan die beskerming van die Afrikaanse taal en minderheidsregte. Dit skakel ook in by die VF Plus se standpunte en beleid dat gemeenskappe hande moet vat om minderheidsgroepe se regte te beskerm en uit te bou.

Hierdie verbintenis tussen die BBB en VF Plus is in baie opsigte geskiedkundig en staan nie geskryf op enige papier nie, maar ek glo stellig dit is ingebeitel op die borskaste van baie Afrikaanses wie se harte eenders klop. Die tweede groot trek na eenheid onder alle Afrikaanses het reeds begin.

Ek moet daarom terug politiek toe. Om te veg vir Afrikaans, vir selfbeskikking en christelike waardes in ‘n eie Kaapland saam met die VF Plus, die enigste party wat hom tot hierdie waardes en doelstellings verbind het"

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.