fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe rasreëls oor landbou-uitvoere wys ANC se beheptheid met ras

Nuwe regulasies oor swartbemagtigingsvereistes vir die landboubedryf wys hoe rasbehep die ANC-regering is.

Die toepassing daarvan gaan nie net uitvoer van produkte knou nie, maar totale voedselsekerheid in Suid-Afrika knou aangesien dit jong boere gaan ontmoedig om die landbousektor te betree.

Luidens ’n berig in Rapport vandag (Wit boerderye mag nie uitvoer, sê staat), sal nuwe reëls wat stilweg in die Staatskoerant gepubliseer is, boerderye wat “te wit” is nie meer toelaat om na Brittanje en die Europese Unie (EU) uit te voer nie.

Boerdeye sal ingevolge die regulasies aan streng bemagtigingsvereistes moet voldoen om uitvoerpermitte te bekom.

Landbou-ondernemings met ’n jaarlikse omset van minder as R10 miljoen word hiervan vrygestel, maar dit is betekenisloos aangesien feitlik alle groot uitvoerders se omset veel meer as R10 miljoen per jaar is.

Die VF Plus sal skakel met alle moontlike organisasies, ook internasionaal, om beswaar teen die vereistes aan te teken aangesien dit indruis teen die grondwetlike beginsel van ’n vrye mark.

Die internasionale wêreld stel nie belang in raskwotas nie, maar in vrye handel en die verkryging van landbouprodukte.

Die VF Plus sal die saak ook opneem met die betrokke minister sodat daar weggedoen kan word met die diskriminerende regulasies.

Die party sal ook regsaksies oorweeg indien dit ’n oplossing blyk te wees.

Die ANC mislei homself deur te dink dat hy meer stemme kan kry in aanstaande jaar se verkiesing deur rassisme in sy verkiesingsveldtog te beklemtoon.

Eergister (Vrydag 10 November) het die mensregtekommissie (MRK) ’n verslag uitgebring waarin gemeld word dat 120 kinders in die Oos-Kaap weens honger gesterf het.

Dit belig die belangrikheid van voedselsekerheid en maak dit duidelik dat die ANC nie omgee vir die mense van Suid-Afrika en die belangrike rol van landbou nie.

Landbou voed die nasie en Suid-Afrika is reeds nie ’n baie landbou-vriendelike land nie.

Die regering behoort daarom eerder dié sektor op elke moontlike wyse te ondersteun en te vertroetel as om hom te muilband.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.