fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Noord-Kaap: Provinsiale besteding moet help met ontwikkeling van mense en natuurlike bronne

Oor die afgelope week het die VF Plus aan al die begrotingsdebatte in die Noord-Kaapse wetgewer deelgeneem.

Die klem was deurlopend op die moontlikhede wat die provinsie bied in teenstelling met wydverspreide armoede wat toenemend tot bendebedrywighede, dwelmmisbruik en tienerswangerskappe lei.

Dit skep ʼn bose kringloop wat gebreek moet word.

Onderliggend aan elke departement se begroting is die stelling dat niks deur die besit van geld vermag word nie, maar wel deur die vloei daarvan.

Soos besproeiing doeltreffend is as die watervloei sonder lekkasies plaasvind, is owerheidsbesteding doeltreffend as elke sent die werklike doel bereik.

Aan die positiewe kant beskik die Noord-Kaap oor reuse mynbouhulpbronne, landbougeleenthede, skouspelagtige toerismebestemmings en volop wind en sonskyn vir hernubare-energie.

Die nuwe hawe by Boegoebaai wat tans beplan word, is deel van die groen waterstofbedryf wat energievoorsiening in Suid-Afrika ingrypend kan verbeter.

Ontwikkeling in die provinsie word bemoeilik deur yl bevolking en uitgestrektheid. Infrastruktuur is duur om te vestig en te onderhou, terwyl inwoners onderwys- en werksgeleenthede moeilik bereik.

Dit is waar doeltreffende aanwending van owerheidsbesteding deurslaggewend is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.