Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City stop voorafbetaalde watermeters

Die swak kwaliteit van voorafbetaalde watermeters wat sedert 2021 teen groot koste in Mogale City-plaaslike munisipaliteit by sowat 65 000 huise geïnstalleer is, moet nou weer vervang word deur konvensionele meters.

Hierdie is nog ʼn voorbeeld van onbevoegdheid en wanbestuur wat belastingbetalers miljoene rande gaan kos.

Die munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) het in 2021 met groot fanfare inwoners aangemoedig om voorafbetaalde watermeters voor hul huise te laat installeer om ʼn betalingskultuur te vestig.

Die kwaliteit van die meters was egter uiters swak en die kontrakteur kon nie voorbly om foutiewe meters te herstel of te vervang nie. Drie jaar later het die kontrak verval en die ANC-regering het besluit om terug te skakel na konvensionele watermeters.

Die nuwe kontrak van R24 miljoen om 34 000 foutiewe voorafbetalende meters te vervang, is sonder ʼn openbare deelnameproses goedgekeur. Die eerste fase vir die vervanging van 3 000 watermeters het reeds in Oktober verlede jaar begin.

Alle meters word nou voor die voet vervang, selfs by inwoners wat nooit enige probleme ervaar het nie.

Die VF Plus word oorval deur ontstoke inwoners wat sê daar is niks met hul voorafbetalende meter verkeerd nie. Ander vertel weer hul werkende meter is reeds drie keer sedert November verlede jaar sonder rede vervang.

Die munisipaliteit se ondeurdagte plan om ʼn nuwe stelsel in werking te stel, terwyl hulle nie die vorige een kon bestuur nie, wys dat die ANC-munisipaliteit hoegenaamd nie in staat is om die munisipaliteit suksesvol te bestuur nie.

Inwoners van Mogale City het vandeesweek gedurende twee openbare vergaderings hul misnoeë oor die aangeleentheid uitgespreek.

Die VF Plus en inwoners wou van die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, mnr. Peter Modise, weet wanneer die projek afgehandel sal wees. Geen antwoord kon verskaf word nie.

Die VF Plus het reeds ʼn skrywe gerig aan die munisipale bestuurder, mnr. Makhosana Msezana, om hom te vra om inwoners behoorlik in te lig oor die stand van sake en om die verantwoordelikheid vir die projek te aanvaar.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.