Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City-burgemeester bedank voor mosie van wantroue

Die politieke chaos in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) het vandag vererger met die bedanking van die burgemeester, Danny Thupane.

Thupane het bedank enkele ure voordat ʼn mosie van wantroue teen hom gebring sou word tydens vandag se raadsvergadering.

Dit is algemeen bekend dat Thupane eintlik net ʼn marionet-burgemeester van die ANC en EFF was.

As enigste raadslid van die African Transformation Movement (ATM), het hy die ANC en EFF oortuig om hom as burgemeester te verkies en in ruil sou hy na hul pype dans.

Duidelik het sy danspassies nie meer sy meesters beïndruk nie en het hy handdoek ingegooi voordat hy uitgeslaan is.

Die raad van Mogale City moet nou ʼn nuwe burgemeester verkies – die derde sedert die munisipale verkiesings van 2021.

Thupane se bedanking beteken dat al tien lede van die burgemeesterskomitee nou moontlik ook weer vervang gaan word.

Die PAC se enigste raadslid het die mosie van wantroue teen Thupane ingedien wat die vraag laat ontstaan oor watter party sy mosie sou steun.

ʼn Mosie van wantroue is ook teen die raad se sweep, Tsholofelo Ramaisa van die EFF gebring, maar die mosie was onsuksesvol.

Die mosie van wantroue teen die ANC-speaker, Lucky Sele, het ook nie die nodige steun in die raad ontvang nie.

Die knaende verandering in die politieke leierskap het tot gevolg dat daar geen kontinuïteit is op enige vlak nie, hetsy begrotings, ontwikkelingsplanne of ‘n toekomsvisie vir inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.