Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Aanstelling van EFF-raadslid as Tshwane-burgemeesterskomiteelid klap in gesig van Afrikaners

Die VF Plus beskou die aanstelling van die EFF-raadslid Obakeng Ramabodu as ʼn burgemeesterskomiteelid in die Tshwane-metroraad, as ʼn klap in die gesig van Afrikaners.

Alhoewel die ActionSA-burgemeester, dr. Nasipi Moya, haar nuwe burgemeesterskomitee as “polities sensitief” beskryf, beskou die VF Plus die aanstelling van Ramabodu as burgemeesterskomiteelid van omgewingsake en landbou as ondeurdag.

Ramabodu is dieselfde raadslid wat ʼn tyd gelede tydens ʼn raadsvergadering gesê het dat hy graag “ʼn boer wil moer” en hy soek die “bloed van ʼn Afrikaner op sy hande”.

Ramabodu het intussen voor die menseregtekommissie verskoning gevra vir sy uitlatings, maar dit is te betwyfel of hy al die inwoners van Tshwane se belange op die hart sal dra.

Ramabodu is deurlopend tydens raadsvergaderings nie net blatant rassisties nie, maar spreek sy haat teenoor witmense en in die besonder die Afrikaner uit.

Hy is ook bekend vir sy gewelddadige optrede en was tydens ʼn optog van sekuriteitswerkers betrokke by die beskadiging van raadseiendom.

Dit is totaal onaanvaarbaar dat ʼn persoon wat openlik vyandiggesind is teen ʼn groot gedeelte van die gemeenskap toegelaat word om ʼn leierskapsposisie in die metro te beklee.

Die VF Plus sal as opposisieparty seker maak dat die nuwe burgemeesterskomitee optree in belang van al die inwoners van die metro.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.