fbpx
Vryheidsfront Plus

Mbombela-munisipaliteit sloer met uitbetaling aan Laeveld Dierebeskermingsvereniging terwyl diere ly

Dit is onaanvaarbaar dat die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) se gesloer om ‘n betalingsooreenkoms tussen die munisipaliteit en die Laeveld Dierebeskermingsvereniging (DBV) te eerbiedig, direk daartoe gelei het dat die DBV se Barberton-tak einde Februarie sy deure moes sluit.

Dit plaas die oorblywende twee takke in Nelspruit en Witrivier onder groter druk om ook dienste te lewer aan die Umjindi-gebied deur die Barberton-tak bedien is.

Mbombela het op 5 Augustus 2020 laas geld vir die 2018/19-finansiële jaar aan die DBV oorbetaal. ‘n Bedrag van R3,2 miljoen is aan die DBV verskuldig vir die laaste twee finansiële jare.

Daar bestaan 'n ooreenkoms tussen die munisipaliteit en die Laeveld DBV waarin die verantwoordelikheid vir die bestuur en instandhouding van die skutte in hierdie onderskeie dorpe van die Mbombela-munisipaliteit na die DBV oorgedra word.

Hierdie ooreenkoms het Julie verlede jaar tot ‘n einde gekom, maar is na vele versoeke en pleidooie nog nie hernu nie.

Intussen het die munisipaliteit ook die twee oorblywende takke in kennis gestel dat hul munisipale dienste opgeskort gaan word alhoewel die ooreenkoms bepaal dat die munisipaliteit nie enige eiendomsbelasting en belasting, water-, riool- en elektrisiteitsverbruiksheffings sal hef op die eiendomme wat die DBV gebruik nie.

Die diens wat die Laeveld DBV namens die munisipaliteit lewer, is uiters noodsaaklik en die VF Plus sal druk op die munisipaliteit uitoefen en sorg dat die verskuldigde bedrag vereffen word en ‘n nuwe ooreenkoms gesluit word.

Daar bestaan ‘n dwingende nood vir die DBV om veral hulp te verleen aan diere in afgeleë gebiede wat vir werk en vervoer gebruik word.

Die VF Plus versoek inwoners van die munisipaliteit om die DBV te ondersteun om voort te kan gaan met sy belangrike taak.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.