fbpx
Vryheidsfront Plus

Matjhabeng: VF Plus stem teen onrealistiese en ontoereikende begroting

Die VF Plus het teen die ontoereikende begroting van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) gestem.

Terwyl tariewe en belastings buitensporig verhoog, is dié begroting in werklikheid onbefonds. Die lae invorderingskoers gaan tot 'n tekort lei en menige van die uitgawes waarvoor begroot is, is onnodig.

Die inwoners van Matjhabeng ly weens swak ekonomiese omstandighede en basiese dienslewering wat in duie stort.

Ten spyte van die feit dat die salarisrekening sowat R950 miljoen beloop, is dienslewering geheel en al ontoereikend.

Groot dele van die munisipaliteit is gereeld sonder water en die instandhouding van infrastruktuur is vir dekades afgeskeep.

Nuwe verhogings is as volg:

11.75% vir watertariewe;
7.47% vir elektrisiteit;
4% vir eiendoms- en grondbelasting;
Gemiddeld 7% vir ander heffings.

Dié verhogings is baie hoër as die huidige inflasiekoers en gaan tot verdere verarming van inwoners lei.

In die vorige finansiële jaar het Matjhabeng 'n begrotingstekort van 62% gehad, wat bevestig dat dié munisipaliteit jaar na jaar ontoereikende begrotings ter tafel lê.

Die ANC-regering se verkeerde begrotingsprioriteite belemmer ekonomiese ontwikkeling en vooruitgang.

Dit is onwaarskynlik dat die begroting die nodige instandhouding, infrastruktuurontwikkeling en beter dienslewering wat nodig is vir ekonomiese ontwikkeling, gaan bewerkstellig.

Inwoners van Matjhabeng leef in omstandighede waar vullis nie gereeld verwyder word nie, riool in strate en tussen huise loop en daar gereeld vir dae en selfs weke geen watertoevoer is nie.

Die ANC-regering kan nie slegs belastings en tariewe invorder nie. Dit moet in ruil vir werklike dienste wees. Die mense van Matjhabeng verdien beter as die ANC.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.