fbpx
Vryheidsfront Plus

Matjhabeng-inwoners ly onder droë krane weens wanbestuur

Die inwoners van Matjhabeng moet weereens onder die regerende party se onbevoegdheid en wanbestuur ly en staar waarskynlik ‘n baie droë Januarie en Februarie in die gesig, sê Susan Taljaard, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit.

Die munisipaliteit, wat Welkom, Ventersburg, Allanridge, Virginia, Odendaalsrus en Hennenman insluit, het gister geen watertoever vanaf Sedibeng Water ontvang nie weens reuse uitstaande skuld van nagenoeg R1.9 miljard.

Volgens Taljaard het die munisipale raad Donderdag ‘n dringende vergadering gehad, waartydens besluit is dat ‘n dringende interdik teen Sedibeng Water gebring moet word ten einde volgehoue watertoevoer te verseker. Sedibeng Water dreig onder meer om die watertoevoer na die Matjhabeng-munisipale gebied tussen die ure van 09:00 en 20:00 daagliks af te sny weens die wanbetaling.

“Die ANC-regering het ons munisipaliteit in die grond in bestuur. Die opgelope skuld aan Sedibeng Water is ‘n jarelange probleem wat maandeliks bloot vererger en glad nie aangespreek word nie.

“Die munisipaliteit wil nou strenger optree teen wanbetalers, maar daar is soveel inwoners wat nie eens rekeninge ontvang nie en daar is soveel foute op die rekeninge dat dit ‘n administratiewe nagmerrie sal wees.

“Duisende liters vars water gaan ook daagliks verlore weens waterlekke wat veroorsaak word deur gebrekkige instandhouding en verouderde infrastruktuur.

“Alvorens die munisipaliteit nie basiese probleme soos gebrekkige administrasie en instandhouding van noodsaaklike infrastruktuur behandel nie, sal hulle nie die groter probleme behoorlik kan oplos nie en terwyl hulle voete sleep moet die inwoners daaronder ly,” sê Taljaard.

Kontakbesonderhede: 082 886 9945

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.