fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung-metro se paaie lewensgevaarlik vir motoriste

Die VF Plus het in samewerking met inwoners van Bloemfontein ‘n omvattende verslag oor die toestand van paaie in die metro opgestel en aan die uitvoerende burgemeester, Mxolisi Siyonzana, en administrasie van die Mangaung-metro (Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Wepener, Van Stadensrus en Soutpan) oorhandig.

Bykomend is daar 'n dringende skrywe gerig aan die waarnemende stadsbestuurder, Sello More, waarin geëis word dat die slaggate in Nelson Mandelarylaan, veral tussen die verkeersligte by Universitasrif en Tempe, herstel moet word.

Die swak instandhouding deur die munisipaliteit asook reënval het in die afgelope week skade vir Bloemfonteinse motoriste veroorsaak. Die verbrokkelde infrastruktuur is ‘n verkeers- sowel as veiligheidsrisiko.

Die uitvoerende burgemeester het onlangs in ‘n toespraak bevestig dat die herstel van slaggate ‘n prioriteit is.

Dié VF Plus se verslag sal hom in staat stel om sy woord gestand te doen, maar sal ook die toets wees of dienslewering en die veiligheid van die inwoners van Mangaung inderdaad vir hom en sy administrasie ‘n prioriteit is.

Dit is onaanvaarbaar dat inwoners die las van motorskade moet dra terwyl die metro faal om pro-aktief op te tree.

Die VF Plus sal die skuld vir enige beserings of noodlottige padongelukke as gevolg van die stadige herstel van infrastruktuur voor die deur van die metro plaas.

Die VF Plus sal voortgaan om slaggate aan te meld en doen ‘n beroep op inwoners om slaggate in hul omgewing onder die aandag van die VF Plus-raadslede te bring.

Navrae: 082 305 1540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.