Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, moenie te gerus raak met die geringe afname in ernstige misdade in Gauteng nie.
Lesufi en die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Tommy Mthombeni, het gister die misdaadsyfers vir April tot Junie vanjaar uitgereik.
Moord het met 7,3% gedaal, poging tot moord met 4,8%, seksuele oortredings met 0,5%, gewone aanranding met 4,7%, roof met 7,3% en motorkapings met 4,8%
Die VF Plus is oortuig daarvan dat mense hul vertroue in die polisie verloor het en daarom word nie alle misdaad aangemeld nie.
Die party het Dinsdag self ʼn polisiekantoor besoek om ʼn klag aan te meld, maar moes ongedane sake weer vertrek omdat die rekenaarstelsel van lyn was en daar nie ʼn voertuig beskikbaar was om die klagte te gaan ondersoek nie.
Lesufi se lof oor sy aanstelling van 6 000 vredesbeamptes in Gauteng kan ook van korte duur wees.
Dié beamptes word deur die weermag opgelei. Die weermag is onbevoeg om misdaadvoorkomingopleiding te verskaf.
Een van die grootste tekortkominge in die bestryding van misdaad is die ontbreking van misdaadintelligensie op grondvlak.
Deur ʼn deeglike misdaadintelligensie-stelsel op grondvlak te ontwikkel, kan die misdaadsyfer met die hulp van gemeenskappe aansienlik verlaag.
Die VF Plus sal verder druk op die Gauteng-regering toepas om Lesufi te dwing om weer ʼn LUR vir gemeenskapsveiligheid aan te stel en nie soos nou dié funksie uit die premierskantoor te hanteer nie.
Die afwenteling van magte veral aan metrorade in Gauteng, is baie belangrik.
ʼn Metro wat uitstyg is dié van die Tshwane-metro waar daar elke dag geveg word om korrupsie en misdaad uit te roei.