fbpx
Vryheidsfront Plus

Lesedi-munisipaliteit skuld Eskom R112 miljoen

Die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) se uitstaande skuld aan Eskom wat R112 miljoen beloop, kan deels toegeskryf word aan inwoners se nie-betaling van hul kragrekeninge en die ANC se swak bestuur van die munisipaliteit.

Lesedi, wat nog altyd sy Eskom-rekening getrou betaal het, het in Julie vanjaar begin om net ‘n gedeelte van sy uitstaande elektrisiteitsrekening te betaal.

Die rekening het begin ophoop met Lesedi wat erken hy gaan dit moeilik kan vereffen.

Volgens die VF Plus faal die munisipaliteit daarin om behoorlike kredietbeheer toe te pas en veral nie-betalers en regeringsentiteite te dwing om hul diensterekeninge te vereffen.

Die onus om Eskom se rekening te delg, kan nie net op die skouers van getroue belastingbetalers geplaas word nie.

Inwoners wat getrou hul diensterekeninge vereffen, is juis in opstand weens die lae invorderingskoers in sekere gebiede en eis dat nie-betalers se dienste dadelik beëindig word.

Die munisipaliteit se kontantvloei-probleme het intussen uitgekring en selfs vullisverwydering word in die wiele gery weens brandstoftekorte.

Die vinnige verval van die Lesedi-munisipaliteit kan net voor die deur van die onbevoegde ANC gelê word wat nie oor die vermoë beskik om enige munisipaliteit doeltreffend te bestuur nie.

Die inwoners van Lesedi verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.