fbpx
Vryheidsfront Plus

Kolisi: Dlulane wys ANC se ware kleure

Die voorsitter van die parlementêre komitee vir sport, Beauty Dlulane, se uitlating dié week dat sportkwotas nie verband hou met bevoegdheid nie, wys nie net haar onkunde oor die aangeleentheid nie, maar onderstreep ook opnuut die ANC-regering se beleid oor kwotas in sport," sê Wputer Wessels, VF Plus-LPW

Dlulane het gereageer op ‘n media-onderhoud met die Springbok-kaptein Siya Kolisi, waarin hy luidens beriggewing gesê het hy sou verkies om nie op grond van sy ras vir die span verkies te word nie.

"Dit ontneem talentvolle sportlui van die gerusstelling dat hulle op grond van meriete verkies sal word"

 

In stede daarvan om kritiek te lewer behoort die ANC eerder Kolisi se kritiek teenoor transformasie in sport ernstig op te neem. Transformasie en regstellende aksie-praktyke smoor die aanwending en ontwikkeling van sporttalent en bly ‘n verdelende faktor in Suid-Afrikaanse sport.

Dlulane verkies egter om sportlui se trots in hul harde werk en voorbereiding onder haar en die ANC se politieke ideologie en rasbeheptheid te stel.

Die VF Plus is gekant teen rassekwotas in sport aangesien dit blatante politieke inmenging is wat duidelik deur verskeie internasionale sportliggame en –federasies veroordeel word. Dit ontneem talentvolle sportlui van die gerusstelling dat hulle op grond van meriete verkies sal word.

Dit is kommerwekkend dat Dlulane in haar verklaring sê transformasie in sport sal voortduur so lank as wat nodig is.  Die VF Plus sal aanhou veg teen kwotas op alle gebiede, ook op die sportveld.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.