fbpx
Vryheidsfront Plus

Emfuleni-burgemeester moet kies op watter stoel hy wil sit

"Die burgemeester van Emfuleni, Jacob Khawe, steur hom nie aan enige gedragskode nie en gaan onverpoos voort om twee senior posisies te beklee," sê Gerda Senekal, VF Plus raadslid in Emfuleni.

Die VF Plus het reeds in Desember 2018 versoek dat Khawe bedank omdat hy in Julie verlede jaar reeds tot die heeltydse amp van sekretaris van die ANC in Gauteng verkies is.

"Sy versuim om te bedank kom dus neer op ‘n oortreding van die etiese gedragskode vir raadslede.

"Die VF Plus sal volgehoue druk plaas op die Emfuleni-stadsraad oor die aangeleentheid tot Khawe as burgemeester bedank.

"Die beleërde stadsraad, wat steeds onder administrasie is, se inwoners verdien die onverdeelde toewyding van ‘n heeltydse burgemeester," sê Senekal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.