fbpx
Vryheidsfront Plus

Koalisieregering in Tshwane-metro neem hande met gemeenskappe en sakelui om misdaad te bekamp

Die koalisieregering in die Tshwane-metro is vasberade om misdadigers uit die stad te dryf en is besig om verskeie metodes in werking te stel om ‘n veilige stad vir almal te skep.

Mnr. Grandi Theunissen, raadslid van die VF Plus, staan aan die stuur van gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metroraad.

Sedert sy aanstelling as burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, is hy volstoom besig om ‘n gemeenskapsveiligheidsmodel in werking te stel waar die gemeenskap en owerhede saamstaan teen misdaad.

Een van die voorstelle is die afbakening van distrikte in die stad waar plaaslike ondernemings, inwoners, die metropolisie en private sekuriteitsmaatskappye ‘n netwerk vorm om misdaad te bekamp.

Nog ‘n misdaadvoorkomingsstrategie is onderhandelinge met gevorderde tegnologiese diensverskaffers in die voorsiening van toerusting om kabeldiefstal te verminder.

Dit sluit in vibrasie-sensors wat owerhede dadelik teen dié soort misdaad waarsku.

Hierdie benadering tot gemeenskapspolisiëring waar gemeenskaporganisasies, die metropolisie en polisiediens saamstaan om doeltreffende polisiëring oor die hele stad te skep, is uiters suksesvol.

Gemeenskapspolisiëring is nie beperk tot voorstede nie, maar ook in informele nedersettings word met inwoners saamgewerk om ‘n verskil in hul gemeenskap te maak en sterk standpunt teen misdaad in te neem.

Na slegs ‘n maand het inwoners aangedui dat hul woonbuurte veiliger is en daar ‘n merkbare afname in kabeldiefstal is.

Die VF Plus as koalisievennoot is vasberade om gemeenskappe op elke vlak aan te moedig om betrokke te raak om ‘n veilige omgewing te help skep.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.