fbpx
Vryheidsfront Plus

Haweloses in Kaapstad vereis dringende aandag

Die groeiende voorkoms van haweloses in die Kaapse middestad en die uitwerking daarvan op sake en toerisme is kommerwekkend en vereis dringende aandag.

Die probleem en die oplossings daarvoor is kompleks, maar die VF Plus stel nogtans voor dat buitengewone aandag gegee word aan maatskaplike ontwikkeling en vroeë kinderontwikkeling.

Dit moet veral gedoen word in minder gegoede gebiede en gemeenskappe waar bendes, dwelms en misdaad hoogty vier en soms buite beheer is.

Haweloses is kwesbaar en word deur dwelmsmouse en dwelmbase misbruik wat bydra tot die misdaadprobleem.

Kaapstad word reeds bestempel as een van die gevaarlikste stede in die land en daar kan nie bekostig word dat die toerismebedryf, wat groot skade gely het weens die Covid-19-inperkings, verder benadeel word nie.

‘n Vuil omgewing met ‘n hoë misdaad-voorkoms is nie aanloklik vir enige belegger nie.

Daar word tans probeer om bloot 'n pleister te plaas op ‘n probleem wat lank net weggewens is en die maatskaplike hulpmiddele en personeel is totaal ontoereikend.

Die groeiende voorkoms van haweloses slaan op die land se ekonomiese krisis en gepaardgaande werkloosheid. Dit is waar die probleem eindelik omgekeer moet word.

Die huidige krisis is egter ‘n gegewe en om die onmiddellike behoeftes aan te spreek, is genoeg veldwerkers en kundige professionele maatskaplike personeel nodig om sielkundige sorg te bied en die dwelm- en drankprobleem onder haweloses te pak.

Behoeftiges moet gehelp word voordat die probleem ‘n punt van onomkeerbaarheid bereik.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.