fbpx
Vryheidsfront Plus

Kernkrag: SA beskik tans oor onvoldoende kennis

In 'n ongewone toeval lui onlangse mediaberigte dat 'n moontlike lekkasie by die Koeberg-kernkragsentrale voorgekom het; en dat presidente Cyril Ramaphosa en Joe Biden kernkrag met hul komende ontmoeting gaan bespreek.

Suid-Afrikaanse regeringslui hou blykbaar daarvan om aan die land as 'n kernmoondheid te dink. Met groeiende kommer oor klimaatsverandering en die bydrae van koolstofgebaseerde elektrisiteit, kan kernkrag nie buite rekening gelaat word nie.

Die wisselvalligheid van hernubare kragbronne kan met wye geografiese verspreiding verlig word en batterytegnologie ontwikkel vinnig.

Nogtans kan kernkrag 'n belangrike bydrae lewer om 'n betroubare basislading te verskaf.

Die groot voorwaarde is egter dat 'n land wat kernkrag wil gebruik, die kundigheid moet hê om dit veilig te kan doen.

Suid-Afrika se rekord op dié gebied was tot onlangs baie goed. Sedert die korrelbedkernreaktorprojek beëindig is, het al hoe meer deskundiges egter die land verlaat.

Suid-Afrikaners het verder nie die fiasko rondom oud-president Jacob Zuma se beplande Russiese kerntransaksie vergeet nie. Die bewese onreëlmatighede in dié verband, help nie om skeptici gerus te stel nie. Ook nie die voortslepende krisis by Koeberg nie.

Ongeag die positiewe moontlikhede wat kernkrag inhou, is Suid-Afrika nie meer in 'n posisie om daaruit voordeel te trek nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.