fbpx
Vryheidsfront Plus

Kabeldiewe helder oordag in Ekurhuleni betrap

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metro het tesame met gespesialiseerde polisiemagte, die Brakpan-gemeenskapspolisiëringsforum en ‘n private sekuriteitsmaatskappy verlede Vrydag (23 Maart) helder oordag vermeende kabeldiewe betrap wat hulle na ‘n skrootwerf in Alberton gelei het.

‘n Kabeldief is langs die R23 naby die Brakpan Makro met gereedskap in sy besit betrap.

Die gereedskap word vermoedelik gebruik om kragkabels te stroop.

‘n Tweede verdagte is ook betrap met vier meter se koperkabels in sy besit.

Die vermeende kabeldiewe het hulle na ‘n skroothandelaar in Alrode, Alberton, geneem.

Op die perseel is sowat agt ton koperkabels gevind. Die eienaar is in hegtenis geneem.

Die vermeende kabeldiewe is ook in aanhouding.

Ekurhuleni-metro, soos ander metro’s en munisipaliteite is onder finansiële druk weens kabeldiefstal wat kraginfrastruktuur vernietig.

Die VF Plus bedank almal wat by die aksie betrokke was en versoek inwoners om dié soort misdaad dadelik by hul naaste polisiekantoor aan te meld.

Indien almal saam werk, kan kabeldiefstal uitgeroei word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.