fbpx
Vryheidsfront Plus

Khoza uit, Zuma in, skets die prentjie van ANC se morele bankrotskap

Op dieselfde dag dat dr. Makhosi Khosa uit die ANC bedank het en opnuut sterk kritiek teenoor dié party en sy leierskap uitgespreek het, is dr. Nkosazana Dlamini-Zuma deur die ANC omarm en as parlementslid ingehuldig.

Dit skets ‘n duidelike prentjie van die morele laagtepunt wat die regerende ANC bereik het, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder sê dr. Khoza het haarself bewys as ‘n beginselvaste en dapper vrou weens haar kritiek op pres. Jacob Zuma en die ANC.

“Nadat dr. Khoza onlangs in die openbaar gevra het dat pres. Zuma moet bedank, is daar selfs doodsdreigemente teen haar gemaak. Sy het haar nie daardeur laat afskrik nie. Onlangs het sy ook geweier om haar aan die tugprosesse van ‘n party te onderwerp wat sy as ‘korrup en beginselloos’ beskryf het.

“Daarteenoor het dr. Dlamini-Zuma gewys sy is bloot ‘n ANC-naprater wat vasbeslote is om die verdelende retoriek van die president na te volg met haar uitsprake oor onder meer wit monopolie-kapitaal.

“Die ANC moet wéét dat elke moreel onregverdigbare optrede ‘n druppel is wat die glas van die kieserspubliek se argwaan vul, en die vrugte hiervan sal in 2019 by die stembus gepluk word,” sê dr. Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.