Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hoogverraad-klagte teen AfriForum: ANC hoort eintlik in die beskuldigdebank

Die klagte van hoogverraad wat die Valke teen AfriForum ondersoek weens die “verspreiding van misleidende inligting” druis nie net in teen gesonde regsbeginsels nie, maar teen die daadwerklike gevolge van ANC-beleid en staatskaping wat die land groot skade berokken het.

Daar kan op geen manier toegelaat word dat die ANC homself die alleenreg toeëien om sy eie, eensydige boodskap aan die wêreld te stuur oor die stand van sake in Suid-Afrika nie.

Die Zondo-kommissie het duidelik uitgewys dat die ANC met die hulp van die Nasionale Vergadering (NV) vir jare staatskaping toegesmeer het.

Die Valke kan eerder met hul ondersoek hiermee begin indien die staat werklik erns het met optrede wat grens aan hoogverraad.

Die klagte teen AfriForum grens aan belaglikheid en dit is onaanvaarbaar dat die Valke, wat meer as genoeg belangrike werk het om te doen, sy tyd mors met politiek geïnspireerde ondersoeke.

Suid-Afrika is ‘n demokratiese land met vryheid van spraak waar dit mense met geldige paspoorte vry staan om oor die wêreld te reis en hul saak te stel oor wat in hul eie land gebeur. Die ANC het immers hiermee die voorbeeld gestel.

Die VF Plus se vereiste is dat daar nie valshede verkondig word nie en dat die ware stand van sake aan die buitewêreld oorgedra word, presies soos die VF Plus self doen.

Dit is in landsbelang dat die wêreld ingelig word oor wat in Suid-Afrika gebeur.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.